Perfect Nonsense

A place to Babel.

zefsite:

“Blowing in the wind” (Bob Dylan) in Afrikaans

Hoeveel weë moet ‘n man verken voor hy die naam “man” verdien?
Hoeveel seë moet ‘n wit duif oorsteek voor sy die wêreld kon sien?
Hoeveel skote gaan ons nog afvuur voor ons ons wapens indien?
Die antwoord, my vriend, warrel in die wind.
Die antwoord warrel in die wind.

Hoeveel jare gaan ‘n berg bestaan voor dit die see in spoel?
Hoeveel jare moet mense bestaan voor hul vry kan voel?
Hoeveel gesigte moet een man sien voor hy verstaan wat hul trane bedoel?
Die antwoord, my vriend, warrel in die wind.
Die antwoord warrel in die wind.

Hoeveel keer moet ‘n man opkyk om te sien hierdie wêreld is groot?
Hoeveel keer gaan ‘n man wegkyk en maak of hy niks weet van die nood?
Hoeveel sterftes gaan dit nog verg voor ons besluit te veel mense is dood?
Die antwoord, my vriend, warrel in die wind.
Die antwoord is vlugtig soos die wind.

Die antwoord, my vriend, warrel in die wind.
Die antwoord warrel in die wind.

Queen - Bohemian Rhapsody (Old School Computer Remix)

Prisecolinensinenciousol

Genki Sudo and World Order